Philip Moufarrige – Die Rooinek Boer

Add Your Heading Text Here

Leestyd: 2 minute

’n Boer maak ’n plan. Of die boer nou mielies plant, beeste vet maak, aartappels uit die grond haal of makadamias melk, is nie hier ter sprake nie. Dit gaan oor die afstand tussen die hart van die boer en sy brein, want sien, ’n boer doen dit nie vir homself nie. Hy boer vir die kinders wat kaalvoet hardloop, die mammas wat kosblikke pak, die manne wat die strate vee en die tieners wat op gebed alleen grootword.

‘n Boer wat die taal van Rooinekke praat, maar die hart van Afrikaans verstaan.
‘n Man wie se hande Sjinese vegkuns bemeester het, maar ook ‘n macadamia met respek hanteer. ‘n Vlieënier wat nie net oor landerye vlieg nie, maar ook ander boere se vlerke sterk maak. ‘n Denker wat verder sien as wat die blote oog nog kan bespeur. En dis op hierdie dag, wat jy weet dat enige boer, altyd ‘n plan kan maak. Veral as die boer, saam met ander boere, ‘n gemeenskap se hande saambind.

’n Boer se hart laat hom opstaan voor die son sy gesig kan wys en laat sy hande grof word van eerbare werk. ’n Boer se hart laat hom hoop dat elke plan die volk gaan baat en dis hier waar die brein dan begin om sy deel te doen. ‘n Boer lê saam met die maan wakker en dink aan maniere om die pampoene gesonder te maak en die skape meer sinvol in te perk.

‘n Boer sien ‘n neut aan ‘n boom hang en die visie om ‘n neut in melk te verander begin vorm aanneem.